00:00 - 00:03 | Die trekkers het nou al in al vier windrigtings ingetrek. |
00:04 - 00:05 | Tot dusver het hulle hier... |
00:05 - 00:07 | hier, en hier laer opgeslaan. |
00:08 - 00:12 | Ek weet nie wie in beheer van hulle militêre vleuel is nie |
00:12 - 00:15 | maar nou hoor ek boonop dat Dingane 'n klomp van hulle na 'n bring en braai toe genooi het. |
00:17 - 00:19 | Kry vir Piet Retief in die hande. |
00:19 - 00:21 | Reël vir ons 'n Skype-vergadering. |
00:24 - 00:26 | Meneer... |
00:27 - 00:28 | Hulle... |
00:31 - 00:33 | Ons sien op Facebook hulle is reeds weg Mgungundlovu toe. |
00:34 - 00:36 | Daar is geen selfoonopvangs nie. |
00:53 - 00:58 | Almal wat die event op Facebook gelike het... uit. |
01:13 - 01:15 | Wat de duiwel dink hulle? |
01:15 - 01:17 | 'n Kamtige partytjie met bier en 'n gedansery |
01:18 - 01:23 | en hulle mag nie vuurwapens saamvat nie? |
01:25 - 01:28 | Dink hulle Dingane wil 'n gesellige teepartytjie hou? |
01:29 - 01:31 | En wat word van die perde! |
01:31 - 01:34 | Kyk wat het met die gevegte teen die Xhosas aan die oosgrens gebeur! |
01:34 - 01:37 | Die boere het nie 'n kans gestaan teen die oormag nie! |
01:37 - 01:40 | Hulle is soos lammertjies wat ewe vrolik na die slagpale oppad is! |
01:40 - 01:42 | Meneer, die man gaan onderhandel vir grond. |
01:42 - 01:46 | Is dit 'n verskoning om sonder militêre hulp daar in te foeter? |
01:46 - 01:48 | Meneer, alles dui daarop dat hulle onderhandelings met Dingane suksesvol gaan wees. |
01:48 - 01:52 | Dingane gaan dalk die ooreenkoms teken, maar wat beteken 'n stukkie papier? |
01:53 - 01:54 | Dingane is 'n uitmuntende politikus. |
01:56 - 01:57 | Hy weet presies hoe om hierdie speletjie te speel. |
01:57 - 02:00 | "Hier's vir julle bier! Hier's pap en vleis!" |
02:00 - 02:03 | "Kry sommer vir julle 'n stukkie grond ook terwyl julle besig is!" |
02:04 - 02:08 | Het Retief dan niks geleer uit my outobiografie nie? |
02:08 - 02:13 | Die Zoeloes gaan hulle almal uitmoor. Daar gaan niks van hulle oorbly nie. |
02:14 - 02:16 | Hulle het iemand nodig wat die agterhoede kan dek... |
02:17 - 02:21 | wat kan keer voor Dingane hulle almal by daai dekselse krans afgooi. |
02:27 - 02:29 | As hulle eers begin bier drink, is dit neusie verby. |
02:30 - 02:34 | Jy kan nie 'n koning vertrou wat in 'n ronde huis bly nie. |
02:34 - 02:36 | Nog minder iemand wat nie van koeksisters en melktert hou nie! |
02:41 - 02:42 | Ek is klaar met hulle... |
02:43 - 02:47 | Ek is klaar met hierdie spulletjie wat hulleself "Voortrekkers" noem! |
02:48 - 02:53 | Gooi alle gesonde verstand oorboord en los hulle vroue en kinders net so alleen. |
02:54 - 02:56 | Neem nie eers 'n satellietfoon saam nie. |
02:56 - 02:59 | Hoe dink hulle gaan Dingane sy handtekening gemaak kry? |
03:00 - 03:02 | En julle almal klets natuurlik lekker saam op Facebook en Twitter! |
03:04 - 03:07 | Toe nou maar, Anna, ons het almal retweet. |
03:14 - 03:16 | Dingane gaan sy beeste terugkry |
03:19 - 03:23 | en 'n klomp netjiese roers en boerperde daarmee saam. |
03:25 - 03:26 | Ek is moeg. |
03:31 - 03:33 | Ek is tot in my siel toe moeg. |
03:40 - 03:46 | As die boere reken hulle het nie ons hulp nodig nie kan hulle |
03:46 - 03:49 | kaalvoet oor die Drakensberge trek vir al wat ek omgee. |
03:53 - 03:56 | Bring vir my 'n koppie boeretroos. |